JEREMIA 25:32
JEREMIA 25:32 Bybel vir almal (ABA)
Die Here wat oor alles regeer, sê: “Julle moet kyk, dit sal sleg gaan met al die volke, met die een volk ná die ander volk. Daar kom 'n groot stormwind van die verste plekke op die aarde.”
JEREMIA 25:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So sê die HERE van die leërskare: Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en 'n groot storm word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.
JEREMIA 25:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here die Almagtige: Daar trek 'n ramp van nasie tot nasie, 'n groot storm steek op van die uithoeke van die aarde af.
JEREMIA 25:32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘So sê die HERE, Heerser oor alle magte: “Kyk, rampe tref nasie ná nasie; 'n groot storm steek op aan die uithoeke van die aarde.” ’ ”
JEREMIA 25:32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE van die leërskare: Kyk, onheil sal uitgaan van nasie tot nasie, en 'n groot warrelwind word opgewek van die streke van die aarde af.