JEREMIA 23:5-6
JEREMIA 23:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Julle moet dit weet, Ek sal eendag iemand kies en aanstel wat die regte koning sal wees van die nageslag van Dawid. Hy sal 'n wyse koning wees wat reg sal regeer en reg sal doen aan almal in die land. In die tyd wanneer hierdie koning regeer, sal die mense van Juda weer vry word, en die mense van Israel sal veilig woon. Die naam van die koning sal wees: Die Here doen reg aan ons.”
JEREMIA 23:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
KYK, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
JEREMIA 23:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek vir Dawid 'n regverdige spruit sal laat opskiet, 'n koning wat verstandig sal regeer. Hy sal die reg eerbiedig en regverdig regeer in sy land. In sy tyd sal Juda gered word en sal Israel veilig woon. Sy naam sal wees: Die Here regeer regverdig oor ons.
JEREMIA 23:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die HERE, “wanneer Ek vir Dawid 'n regverdige loot sal laat opkom. Hy sal as koning regeer en verstandig optree; hy sal in die land reg en geregtigheid handhaaf. In sy dae sal Juda verlos word, en Israel sal veilig woon. En dit sal sy naam wees wat hy genoem word, ‘Die HERE is ons geregtigheid.’ ”
JEREMIA 23:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en 'n Koning sal regeer en voorspoedig wees, en Hy sal reg en geregtigheid op die aarde doen. In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
JEREMIA 23:5-6 Die Boodskap (DB)
Die Here sê verder: “Daar kom ’n tyd wanneer Ek weer ’n koning wat regtig deel is van Dawid se familie koning sal maak. Hy sal ’n verstandige koning wees. Hy sal sorg dat almal in die land regverdig behandel word. Hy sal ook doen wat reg is. Sy naam sal wees: ‘Die Here wat aan ons reg doen.’ Terwyl hy regeer, sal Juda vry wees van hulle vyande en Israel sal veilig voel.”
JEREMIA 23:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE sê verder: “Daar sal ’n tyd kom wanneer Ek weer ’n wettige afstammeling uit Dawid se familie koning sal maak. Hy sal ’n verstandige koning wees. Hy sal sorg dat reg geskied en almal in die land regverdige behandeling ontvang. “Sy naam sal wees: ‘Die HERE is ons geregtigheid.’ Terwyl hy regeer, sal Juda vrykom van al hulle vyande en Israel sal veilig leef.”