JEREMIA 23:3
JEREMIA 23:3 Bybel vir almal (ABA)
Ek het my skape na ander lande laat gaan, maar Ek sal self my skape wat nog lewe, bymekaarmaak uit daardie lande. Ek sal hulle terugbring na hulle eie veld waar hulle gewei het. Hulle sal vrugbaar wees en baie word.
JEREMIA 23:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek self sal die oorblyfsel van my skape versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig.
JEREMIA 23:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Ek sal self dié van my kudde wat oorgebly het, gaan bymekaarmaak in al die lande waarheen Ek hulle verstrooi het. Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld toe waar hulle vrugbaar sal wees en baie sal word.
JEREMIA 23:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Maar Ek self sal dié wat oor is van my kleinvee bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het, en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld. Dan sal hulle vrugbaar wees en vermeerder.
JEREMIA 23:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal die oorblyfsel van my skape bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het, en Ek sal hulle terugbring na hulle krale; en hulle sal vrugbaar wees en vermeerder.