Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

JEREMIA 23:29 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

JEREMIA 23:29 AFR83 (Afrikaans 1983)

My woord is soos vuur, sê die Here, soos 'n hamer waarmee klippe stukkend gebreek word.

JEREMIA 23:29 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Is my woord nie só, soos 'n vuur, spreek die HERE, en soos 'n hamer wat 'n rots vermorsel nie?

JEREMIA 23:29 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Is my woorde nie soos ’n vuur wat brand nie? Is dit nie soos ’n hamer wat ’n stuk rots aan stukke laat spat nie?” vra die HERE.

JEREMIA 23:29 DB (Die Boodskap)

Hy vra: “Is my woorde nie soos ’n vuur wat brand nie? Is dit nie soos ’n hamer wat ’n rots in stukke laat spat nie?”

JEREMIA 23:29 ABA (Bybel vir almal)

Die Here sê: “Die dinge wat Ek sê, is soos vuur. Dit is soos 'n hamer wat rotse stukkend slaan.

JEREMIA 23:29 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Is my woord nie so nie – soos 'n vuur,” is die uitspraak van die HERE, “soos 'n hamer wat rots stukkend kap?

JEREMIA 23:29 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Is my woord nie soos 'n vuur nie? spreek die HERE; en soos 'n hamer wat die rots stukkend breek?