JEREMIA 23:28
JEREMIA 23:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die profeet wat 'n droom gehad het, mag vertel wat hy gedroom het, maar hy wat my woord ontvang het, moet my woord eerlik oordra. 'n Mens kan nie strooi met die beste koring vergelyk nie, sê die Here.
JEREMIA 23:28 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer 'n profeet gedroom het, dan moet hy sê wat hy gedroom het. Maar wanneer hy gehoor het wat Ek gesê het, dan moet hy presies dieselfde sê. “ Kaf is nie koring nie en koring is nie kaf nie. Net so is my boodskap en die dinge wat hulle sê, nie dieselfde nie.”
JEREMIA 23:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die profeet by wie 'n droom is, laat hom 'n droom vertel; en by wie my woord is, laat hom my woord spreek in waarheid. Wat het die strooi met die koring te doen? spreek die HERE.
JEREMIA 23:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die profeet wat 'n droom het, moet die droom vertel; maar wie my woord het, moet my woord betroubaar verkondig. Hoe vergelyk strooi met gedorste graan?” is die uitspraak van die HERE.
JEREMIA 23:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die profeet wat 'n droom het, laat hom 'n droom vertel; en wie my woord het, laat hom my woord getrou spreek. Wat is die kaf vir die koring? spreek die HERE.
JEREMIA 23:28 Die Boodskap (DB)
As hulle dan wil, laat hierdie vals profete hulle drome vir ander vertel. Maar as my profete praat, moet hulle die boodskap wat Ek vir hulle gegee het, sonder enige stertjies oordra. Wat waar is en wat vals is, verskil net soveel as wat kaf en koring van mekaar verskil,” sê die Here.