JEREMIA 2:23-24
JEREMIA 2:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Hoe kan jy sê, ‘Ek het my nie verontreinig nie; die Baäls het ek nie gevolg nie’? Kyk net na jou pad in die dal! Besef wat jy gedoen het! Jy is 'n vinnige jong kameelkoei wat heen en weer rondhardloop, soos 'n wilde donkie gewoond aan die woestyn. In haar heftige drang snuif sy die wind. Haar bronstigheid – wie kan dit beteuel? Almal wat haar soek, hoef hulle nie te vermoei nie. In haar bronstyd sal hulle haar vind.
JEREMIA 2:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Hoe kan julle sê: ‘Dit is nie waar nie! Ons het nie beelde van Baäl aanbid nie’? Gaan kyk gerus wat julle in al julle valleie doen. Neem verantwoordelikheid vir julle doen en late! Julle tree op net soos ’n onrustige kameelkoei wat rondhardloop op soek na ’n bul. Julle tree net soos ’n wildedonkie op. As dit paartyd is, snuif sy in die wind. Wie kan haar drange beheer? Die hingste hoef nie eers na haar te soek nie. Sy hardloop agter hulle aan!
JEREMIA 2:23-24 Bybel vir almal (ABA)
“Julle sê julle het julleself nie onrein gemaak nie, julle sê julle het nie met die Baäls saamgegaan nie. Maar kyk wat het julle gedoen in die Hinnom-vallei. Julle het gemaak soos 'n jong kameel-koei wat by 'n bul wil kom. Sy loop heen en weer, sy hardloop in die woestyn in en ruik waar 'n bul is, niemand kan haar keer nie. 'n Bul wat haar soek, kry haar maklik wanneer dit vir haar die regte tyd is om by 'n bul te kom.
JEREMIA 2:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hoe kan jy sê: Ek is nie verontreinig nie; ek het nie agter die Baäls aan geloop nie? Kyk jou weg in die dal; weet wat jy gedoen het, jou vinnige jong kameelkoei wat rond hardloop! 'n Wilde-eselin, gewend aan die woestyn, wat in haar heftige begeerte die wind opsnuiwe — haar hittigheid, wie sal dit keer? Almal wat haar soek, hoef hulle nie te vermoei nie; in haar maand sal hulle haar kry.
JEREMIA 2:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoe kan jy dan sê: “Ek het my nie verontreinig nie, ek het nie die Baäls gedien nie”? Kyk hoe het jy jou gedra in die Hinnomdal. Besef tog wat jy gedoen het! Jy was soos 'n kameelkoei wat bul soek, wat kruis en dwars hardloop, soos 'n wildedonkie wat tuis is in die woestyn. Jy was soos 'n bronstige kameelkoei wat die wind opsnuif, wat onkeerbaar is in haar hittigheid. Die bulle wat haar soek, hoef hulle nie moeg te hardloop agter haar aan nie; wanneer sy wil paar, kry hulle haar maklik.
JEREMIA 2:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoe kan jy sê: Ek is nie verontreinig nie, ek het nie agter die Baäls aan geloop nie? sien jou weg in die dal, weet wat jy gedoen het; jy is 'n vinnige dromedaris wat sy weë bewandel; 'n Wildesel wat in die woestyn gewoond is, wat die wind opsnuif na sy welbehae; in haar geleentheid wie kan haar wegwys? almal wat haar soek, sal hulle nie moeg maak nie; in haar maand sal hulle haar vind.
JEREMIA 2:23-24 Die Boodskap (DB)
“Hoe kan julle sê: ‘Dit is nie waar nie! Ons het nie ons knie gebuig voor die beelde wat van die god Baäl gemaak is nie.’ Gaan kyk gerus maar wat julle in die valleie aangevang het. Neem ’n bietjie verantwoordelikheid vir julle doen en late! Julle tree nes ’n kameelkoei op wat rondhardloop op soek na ’n bul. Julle maak soos ’n wildedonkie wat aan die woestyn gewoond is. As dit paartyd is, snuif sy in die lug op soek na ’n hings. Sy word gedryf deur haar drange na die hings. Die hingste hoef nie eens na die merrie te soek nie, sy hardloop agter hulle aan. Julle maak net so in julle gehardloop agter die gode aan.