JEREMIA 17:8
JEREMIA 17:8 Bybel vir almal (ABA)
So iemand sal wees soos 'n boom wat naby die water staan. Sy wortels kom tot by die waterstroom, en hy voel nie wanneer dit warm word nie. Sy blare is altyd groen, en wanneer dit nie reën nie, dan is hy nie bekommerd nie, hy hou aan om vrugte te dra.
JEREMIA 17:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.
JEREMIA 17:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.
JEREMIA 17:8 Die Boodskap (DB)
Hulle is soos bome wat langs ’n rivier staan. Hulle wortels gaan ver af tot by die water. Sulke bome kry nie swaar as dit baie warm word nie. Hulle blare bly groen. Lang maande waarin dit baie droog is, is ook nie regtig ’n probleem nie. Hulle hou steeds aan vrugte dra.