JEREMIA 15:3
JEREMIA 15:3 Bybel vir almal (ABA)
“ ‘Ek sal julle straf op vier maniere: Die vyande sal party van julle doodmaak met swaarde, die honde sal julle dooie liggame wegsleep, die voëls sal julle vleis eet, die wilde diere sal julle opvreet.
JEREMIA 15:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal oor hulle vier soorte besoekinge doen, spreek die HERE: die swaard om dood te maak en die honde om weg te sleep en die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde om op te eet en te vernietig.
JEREMIA 15:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek gee oor hulle opdrag aan vier soorte goed, sê die Here: die swaard om dood te maak, honde om die lyke weg te sleep, voëls en roofdiere om hulle op te vreet en te vernietig.
JEREMIA 15:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ek sal vier soorte vernietigers teen hulle opkommandeer,” is die uitspraak van die HERE, “die swaard om dood te maak, honde om weg te sleep, die voëls van die hemel en die diere van die aarde om te verslind en te verdelg.
JEREMIA 15:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal vier soorte oor hulle aanstel, spreek die HERE: die swaard om te slag en die honde om te verskeur, en die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde om te verslind en uit te roei.