JEREMIA 15:20
JEREMIA 15:20 Bybel vir almal (ABA)
Ek maak jou soos 'n sterk muur, 'n muur van brons. Hulle sal met jou baklei, maar hulle sal jou nie wen nie, want Ek is by jou en Ek sal jou red en jou vrymaak.
JEREMIA 15:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal jou 'n onneembare kopermuur vir hierdie volk maak; en hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorweldig nie; want Ek is met jou om jou te verlos en om jou te red, spreek die HERE.
JEREMIA 15:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek maak jou vir hierdie volk 'n bronsmuur waardeur hulle nie kan dring nie; hulle sal teen jou veg, maar hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sê die Here, Ek sal jou help en jou red.
JEREMIA 15:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal jou vir hierdie volk 'n versterkte stadsmuur van koper maak. Hulle sal teen jou veg, maar nie die oorhand oor jou kry nie; want Ek is met jou om jou te verlos en jou te red,” is die uitspraak van die HERE.
JEREMIA 15:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal jou vir hierdie volk 'n omheinde kopermuur maak; en hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorweldig nie; want Ek is met jou om jou te verlos en jou te red, spreek die HERE.