JEREMIA 15:19
JEREMIA 15:19 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het toe vir my gesê: “As jy ophou om so te praat, dan kan jy terugkom na My toe en jy kan my dienaar wees. As jy sê wat jy moet sê en nie terugpraat teen My nie, dan mag jy my profeet wees. Daardie mense wat sit en lag, moet word soos jy, jy moenie soos hulle word nie.
JEREMIA 15:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom, so sê die HERE: As jy terugkeer, sal Ek jou laat terugkeer, sal jy voor my aangesig staan; en as jy voortbring wat edel is, en niks onedels nie, sal jy soos my mond wees. Laat húlle na jou terugkeer, maar jy moet nie na hulle terugkeer nie.
JEREMIA 15:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het toe gesê: As jy jou woorde terugneem, sal Ek jou weer in my diens neem. As wat jy sê, waarde sal hê en nie onsin sal wees nie, sal jy weer namens My kan praat. Die mense moet jóú volg, nie jy vir hulle nie.