JEREMIA 15:17
JEREMIA 15:17 Bybel vir almal (ABA)
Maar ek kon nie saam met ander mense sit en gesels en lag en dit geniet nie, ek het alleen gesit omdat ek aan U behoort. U was kwaad en U het my ook kwaad laat word.
JEREMIA 15:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het nie gesit in 'n vergadering van spotters of was nie uitgelate nie; vanweë u hand het ek alleen gesit, want U het my met grimmigheid vervul.
JEREMIA 15:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek kon nie sit waar daar gesels en gelag word en dit saam geniet nie; U het my in besit geneem en ek moes alleen sit, vol van die verontwaardiging wat van U af kom.
JEREMIA 15:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het nie in die kring van uitbundiges gesit nie, en ek was nie uitgelate nie. Vanweë u hand het ek alleen gesit, want U het my met u verontwaardiging gevul.
JEREMIA 15:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het nie gesit in die vergadering van die spotters nie, en ek was nie bly nie; Ek het alleen gesit ter wille van u hand, want U het my met grimmigheid vervul.