RIGTERS 8:28
RIGTERS 8:28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
So is die Midianiete aan Israel onderwerp. Hulle het nooit weer herstel nie. In Gideon se tyd was daar vir 40 jaar lank vrede in die land.
RIGTERS 8:28 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het gewen teen die Midianiete, en die Midianiete was nou nie meer so sterk dat hulle die Israeliete kon aanval nie. Daar was nog 40 jaar lank vrede in die land, totdat Gideon gesterf het.
RIGTERS 8:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So moes die Midianiete dan buig voor die kinders van Israel, en hulle het hul hoof nie meer opgetel nie; en die land het in Gídeon se dae veertig jaar lank gerus.
RIGTERS 8:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Midianiete was onderdanig aan Israel. Hulle het nie weer in opstand gekom nie, en daar was veertig jaar lank vrede in die land in die dae van Gideon.
RIGTERS 8:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So het die Midianiete die knie gebuig voor die Israeliete. Hulle kon nie weer hulle koppe oplig nie. Die land het veertig jaar lank rus gehad in Gideon se leeftyd.