RIGTERS 8:27
RIGTERS 8:27 Bybel vir almal (ABA)
Gideon het die goud geneem en hy het 'n beeld daarvan laat maak, en hy het die beeld in sy stad Ofra neergesit. Al die Israeliete het ontrou geword aan die Here en die beeld begin aanbid. Gideon en sy familie het dit ook gedoen.
RIGTERS 8:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Gídeon het daar 'n skouerkleed van gemaak en dit in sy stad, in Ofra, opgestel; en die hele Israel het dit daar agternagehoereer, en dit het vir Gídeon en sy huis 'n strik geword.
RIGTERS 8:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gideon het 'n efodbeeld van die goud gemaak en dit in sy stad Ofra gesit. Die hele Israel het daarheen gekom en op dié wyse ontrou geword aan die Here. Die beeld was vir Gideon en sy mense 'n valstrik.
RIGTERS 8:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarmee het Gideon 'n efod gemaak en dit in sy tuisdorp, in Ofra, opgestel. Die hele Israel is daar deur die efod tot afgodsdiens verlei; en dit het vir Gideon en sy huis 'n valstrik geword.
RIGTERS 8:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Gídeon het daarvan 'n skouerkleed gemaak en dit in sy stad, in Ofra, gesit, en die hele Israel het daarheen gehoereer, wat 'n strik vir Gídeon en sy huis geword het.
RIGTERS 8:27 Die Boodskap (DB)
Gideon het toe ’n afgodsbeeld van die goud gemaak en dit in sy tuisdorp, Ofra, gesit. Dit was nie lank nie of die Israeliete het hulle rug vir God gedraai en hierdie afgod begin aanbid. Hierdie beeld het Gideon en sy familie verlei om weg te dwaal van die Here af.