RIGTERS 8:18
RIGTERS 8:18 Bybel vir almal (ABA)
Daarna het Gideon vir Sebag en Salmunna gevra: “Hoe het die mans gelyk wat julle in Tabor doodgemaak het?” Sebag en Salmunna sê toe: “Hulle het gelyk soos jy. Hulle het gelyk of hulle 'n koning se seuns is.”
RIGTERS 8:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het Seba en Sálmuna gevra: Wat vir manne was dit wat julle by Tabor gedood het? En hulle antwoord: Soos u, so was hulle: elkeen van gestalte koninklike seuns.
RIGTERS 8:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het Gideon vir Sebag en Salmunna gevra: “Watter soort mense is deur julle vermoor op Tabor?” en hulle antwoord: “Hulle was almal soos u, elkeen het soos 'n koningskind gelyk.”
RIGTERS 8:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop het hy vir Sebag en Salmunna gevra: “Van waar was die manne wat julle by Tabor doodgemaak het?” Hulle sê toe: “Hulle was soos u; elkeen met die voorkoms van 'n koningseun.”
RIGTERS 8:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê hy vir Seba en Salmunna: Watter manne was dit wat julle by Tabor gedood het? En hulle antwoord: Soos jy is, so was hulle; elkeen het soos die kinders van 'n koning gelyk.