RIGTERS 8:1
RIGTERS 8:1 Bybel vir almal (ABA)
Die mense van die Efraim-stam vra toe vir Gideon: “Hoekom het jy dit met ons gedoen? Hoekom het jy ons nie geroep toe jy gegaan het om teen die Midianiete oorlog te maak nie?” Hulle was baie kwaad vir Gideon.
RIGTERS 8:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE sê die manskappe van Efraim vir hom: Wat is dit wat u ons aangedoen het, dat u ons nie geroep het toe u weggetrek het om teen die Midianiete te veg nie? En hulle het heftig met hom getwis.
RIGTERS 8:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe vra die Efraimiete vir Gideon: “Waarom het jy so gemaak met ons? Waarom het jy ons nie opgeroep toe jy teen die Midianiete gaan veg het nie?” Die Efraimiete het teen hom uitgevaar
RIGTERS 8:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die manne van Efraim het egter vir hom gesê: “Wat het jy ons aangedoen, om ons nie op te roep toe jy teen die Midianiete gaan veg het nie?” Hulle het heftig teen hom uitgevaar.
RIGTERS 8:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die manne van Efraim sê vir hom: Waarom het jy ons so gedien dat jy ons nie geroep het toe jy getrek het om teen die Midianiete te veg nie? En hulle het skerp met hom gekibbel.