RIGTERS 6:26
RIGTERS 6:26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kom bou dan ’n stewige altaar vir die HERE jou God hier by hierdie skans bo-op die heuwel. Offer die bul op die altaar as ’n brandoffer. Gebruik die hout van die Asjerapaal wat jy afgekap het.”
RIGTERS 6:26 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet vir My, jou God die Here, 'n altaar bou op die hoogste plek in hierdie stad. Jy moet die klippe van die altaar netjies opmekaar pak. Jy moet die hout van die gewyde paal wat jy afgekap het, gebruik om vuur te maak, en dan moet jy die bul op die altaar offer.”
RIGTERS 6:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En bou vir die HERE jou God 'n altaar op die top van hierdie vesting deur opstapeling, en neem die tweede bul en bring dit as 'n brandoffer met die hout van die heilige boomstam wat jy moet afkap.