RIGTERS 21:6
RIGTERS 21:6 Die Boodskap (DB)
Die Israeliete was baie jammer vir Benjamin. “Vandag het Israel een van sy stamme verloor,” het hulle gesê.
RIGTERS 21:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die Israeliete was baie jammer vir hulle volksgenote uit Benjamin. Hulle het gesê: “Een van die stamme van Israel is vandag afgesny.
RIGTERS 21:6 Bybel vir almal (ABA)
Hulle was nou jammer oor hulle broers, die Benjamin-mense, en hulle het gesê: “Daar is vandag een stam minder in die volk Israel.
RIGTERS 21:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het die kinders van Israel hulle broer Benjamin jammer gekry en gesê: Daar is vandag een stam uit Israel afgesny.
RIGTERS 21:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Israeliete was jammer oor hulle broers uit Benjamin en het gesê: “Vandag is een stam van Israel afgekap.