RIGTERS 21:17-18
RIGTERS 21:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het gesê: “Die mense van Benjamin moet kinders kry, want daar mag nie 'n stam uit die volk Israel verdwyn nie. Maar ons kan nie ons dogters met hulle laat trou nie, want ons het gesê ons vervloek elkeen wat vir 'n Benjamin-man 'n vrou gee, en die Here was die getuie.”
RIGTERS 21:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder sê hulle: Die besitting van die wat oorgebly het, behoort aan Benjamin, sodat geen stam uit Israel mag uitgedelg word nie. Maar ons self kan hulle geen vroue uit ons dogters gee nie; want die kinders van Israel het gesweer en gesê: Vervloek is hy wat 'n vrou aan Benjamin gee.
RIGTERS 21:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het verder gesê: “Daar moet erfgename kom vir dié uit Benjamin wat oorgebly het. Daar mag nie 'n stam uit Israel verdwyn nie. Self mag ons hulle nie met ons dogters laat trou nie, want Israel het 'n eed afgelê en gesê: Vervloek is elkeen wat 'n vrou vir 'n Benjaminiet gee.”
RIGTERS 21:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle sê toe: “Daar moet erfgename wees vir dié van Benjamin wat ontkom het. 'n Stam mag nie uit Israel uitgewis word nie. Ons kan egter nie self vir hulle uit ons dogters vroue gee nie; want die Israeliete het 'n eed afgelê met die woorde, ‘Vervloek is hy wat 'n vrou vir iemand uit Benjamin gee.’ ”
RIGTERS 21:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het gesê: Daar moet 'n erfdeel wees vir die vlugtelinge van Benjamin, sodat 'n stam nie uit Israel verdelg word nie. Maar ons mag hulle nie die vroue van ons dogters gee nie, want die kinders van Israel het gesweer en gesê: Vervloek is hy wat 'n vrou aan Benjamin gee!
RIGTERS 21:17-18 Die Boodskap (DB)
Israel mag nie een van sy stamme verloor nie. Ons moet ’n manier kry om die stam van Benjamin te laat voortbestaan. Ons kan hulle nie toelaat om met ons dogters te trou nie, aangesien ons ’n eed afgelê het wat sê dat enigeen wat sy dogter met ’n Benjaminiet laat trou, vervloek is.”
RIGTERS 21:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle het gesê: “Daar moet tog erfgename wees vir die Benjaminiete wat oorleef het. ’n Stam kan mos nie net so uit Israel verdwyn nie. Ons kan nie ons dogters met hulle laat trou nie, want die Israeliete het ’n eed afgelê dat elkeen vervloek is wat vir ’n Benjaminiet ’n vrou gee.”