RIGTERS 21:17
RIGTERS 21:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle sê toe: “Daar moet erfgename wees vir dié van Benjamin wat ontkom het. 'n Stam mag nie uit Israel uitgewis word nie.
RIGTERS 21:17 Die Boodskap (DB)
Israel mag nie een van sy stamme verloor nie. Ons moet ’n manier kry om die stam van Benjamin te laat voortbestaan.
RIGTERS 21:17 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het gesê: “Die mense van Benjamin moet kinders kry, want daar mag nie 'n stam uit die volk Israel verdwyn nie.
RIGTERS 21:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder sê hulle: Die besitting van die wat oorgebly het, behoort aan Benjamin, sodat geen stam uit Israel mag uitgedelg word nie.
RIGTERS 21:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het verder gesê: “Daar moet erfgename kom vir dié uit Benjamin wat oorgebly het. Daar mag nie 'n stam uit Israel verdwyn nie.