RIGTERS 21:10-11
RIGTERS 21:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Hulle stuur toe 12 000 van hulle beste manne en sê vir hulle: “Julle moet die mense van Jabes-Gilead gaan doodmaak, die vroue en kinders ook. Julle moet elke man of seun doodmaak, ook al die vroue wat seks gehad het met 'n man.”
RIGTERS 21:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe stuur die vergadering daarheen twaalfduisend man uit die dapper manne en gee hulle bevel en sê: Gaan heen en slaan die inwoners van Jabes in Gílead met die skerpte van die swaard, ook die vroue en die kinders. En dit is die ding wat julle moet doen: Alles wat manlik is, en al die vroue wat die gemeenskap met die man ken, moet julle met die banvloek tref.
RIGTERS 21:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe stuur die gemeente twaalf duisend dapper soldate met die opdrag: “Gaan bring die inwoners van Jabes in Gilead om die lewe, ook die vrouens en die kinders. Dit is wat julle moet doen: julle moet elke man en ook elke vrou wat al geslagsgemeenskap gehad het, doodmaak.”
RIGTERS 21:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die volksvergadering stuur toe twaalfduisend man, van die kranigste manne, daarheen met die opdrag: “Gaan en verslaan die inwoners van Jabes in Gilead met die skerpte van die swaard, ook die vroue en kinders. Dit is wat julle moet doen: Elke man moet julle met die banvloek tref, en ook elke vrou wat met 'n man gemeenskap gehad het.”
RIGTERS 21:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die vergadering het twaalf duisend man van die dapperstes daarheen gestuur en hulle bevel gegee en gesê: Gaan slaan die inwoners van Jabes in Gílead met die skerpte van die swaard, saam met die vroue en die kinders. En dit is die ding wat julle moet doen: Julle moet met die banvloek tref elke manlike en elke vrou wat by die man gele het.
RIGTERS 21:10-11 Die Boodskap (DB)
Die vergadering het toe 12 000 soldate na Jabes toe gestuur met die opdrag om almal, ook die vroue en kinders, dood te maak. “Dit is wat julle moet doen,” was hulle opdrag. “Maak elke man en elke vrou wat nie meer ’n maagd is nie, dood.”
RIGTERS 21:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die vergadering het toe van daar af 12 000 soldate gestuur met die bevel: “Gaan daarnatoe en gaan maak almal dood wat in Jabes-Gilead bly, ook die vroue en die kinders. Wis elke man en elke vrou wat al by ’n man geslaap het, heeltemal uit.”