YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

JAKOBUS 2:17

JAKOBUS 2:17 Bybel vir almal (ABA)

So gaan dit ook met mense wat sê dat hulle in God glo, maar hulle doen nie wat Hy wil hê nie. Om so te glo, beteken niks, daardie geloof is dood.

Deel
Lees JAKOBUS 2

JAKOBUS 2:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

Deel
Lees JAKOBUS 2

JAKOBUS 2:17 Afrikaans 1983 (AFR83)

So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

Deel
Lees JAKOBUS 2

JAKOBUS 2:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

So is geloof alleen, as dit nie op dade uitloop nie, dood.

Deel
Lees JAKOBUS 2

JAKOBUS 2:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Net so is die geloof, as dit geen werke het nie, dood omdat dit alleen is.

Deel
Lees JAKOBUS 2

JAKOBUS 2:17 Die Boodskap (DB)

So is dit ook met jou verhouding met God. Om te sê jy is vriende met God, maar jy doen niks vir Hom nie, sê eintlik dat die vriendskap tussen jou en God morsdood is.

Deel
Lees JAKOBUS 2

JAKOBUS 2:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Dis duidelik: Om net te sê jy glo, is nie genoeg nie. Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie – sulke geloof is dood en help niks.

Deel
Lees JAKOBUS 2
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's