JESAJA 66:24
JESAJA 66:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.
JESAJA 66:24 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer hulle weer uit die stad gaan, dan sal hulle die lyke sien van die mense wat opstandig was teen My. Die wurms sal aanhou om die lyke te vreet, en die vuur sal aanhou om hulle te brand. Almal wat hulle sien, sal bewe en bang wees.”
JESAJA 66:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer hulle uit die stad uitgaan, sal hulle die lyke sien van die mense wat hulle teen My verset het. Die wurms wat aan hulle vreet, sal nie vrek nie, en die vuur waarin hulle brand, sal nie geblus word nie; hulle sal iets afgrysliks wees vir al wat leef.
JESAJA 66:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Hulle sal dan uit die stad gaan en die lyke sien van die mense wat teen My oortree het, want die wurms op hulle sal nie sterf nie, en die vuur om hulle sal nie uitbrand nie. Hulle sal afskuwelik wees vir alle mense.”
JESAJA 66:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sal uitgaan en die lyke aanskou van die manne wat teen My oortree het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur nie uitgeblus word nie; en hulle sal vir alle vlees 'n gruwel wees.
JESAJA 66:24 Die Boodskap (DB)
As hulle uit die stad uitgaan, sal hulle die lyke sien van almal wat teen My in opstand gekom het. Die wurms wat aan hulle vreet, sal nie vrek nie. Die vuur waarin hulle brand, sal nooit doodgaan nie. Dit sal vir almal iets afgrysliks wees.
JESAJA 66:24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“As hulle uitgaan uit die stad, sal hulle die lyke sien van dié wat teen My opstandig was. Want die wurms wat aan hulle vreet, sal nooit vrek nie. En die vuur waarin hulle brand, sal nooit ophou brand nie. Alle mense wat daar verbygaan, sal met afsku vervul wees.”