JESAJA 66:17
JESAJA 66:17 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Die mense sal sterf, al die mense wat hulleself reinig en wat gereedmaak om ná mekaar in die tuine te gaan offer, al die mense wat varkvleis eet en akkedisse en muise.
JESAJA 66:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die wat hulleself heilig en hulleself reinig vir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en muise — almal saam sal hulle tot niet raak, spreek die HERE.
JESAJA 66:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mense wat hulleself wy en reinig om in 'n optog na die tuine toe te gaan, wat varkvleis eet en afskuwelike afgodsoffers en muise, sal almal uitgeroei word, sê die Here.
JESAJA 66:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Dié wat hulleself heilig en hulle reinig om na die tuine te gaan, agter een aan wat in die middel is, terwyl hulle varkvleis, weersinwekkende dinge en muise eet, sal saam tot 'n einde kom,” is die uitspraak van die HERE.
JESAJA 66:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die wat hulleself heilig en hulleself reinig in die tuine agter een boom in die middel, en hulle eet varkvleis en die gruwel en die muis, sal saam verteer word, spreek die HERE.