JESAJA 66:1-2
JESAJA 66:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Wanneer Ek in die hemel op my troon sit, dan is my voete op die aarde. Dink julle dat julle vir My 'n huis kan bou waar Ek kan woon? Ek het alles gemaak met my eie hande, en toe was dit daar.” Dit sê die Here. “Die mense wat hulleself nie kan help nie, is belangrik vir My. Hulle is mense wat weet dat hulle nie belangrik is nie, hulle bewe wanneer Ek praat.
JESAJA 66:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SO sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees? Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.
JESAJA 66:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here: Die hemel is my troon en die aarde die rusplek vir my voete. Hoe moet die huis dan wees wat julle vir My bou, die plek waar Ek kan woon? Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here. Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.
JESAJA 66:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE: “Die hemel is my troon, en die aarde die voetbank van my voete. Waar is die huis wat julle vir My sou bou, en waar is my rusplek? Al hierdie dinge – my hand het dit gemaak; so het alles ontstaan,” is die uitspraak van die HERE. “Op so iemand sal Ek ag slaan: op 'n magtelose met 'n verslae gees, wat sidder vir my woord.
JESAJA 66:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde 'n voetbank van my voete. Waar is die huis wat julle vir My bou? en waar is die plek van my rus? Want al hierdie dinge het my hand gemaak, en al hierdie dinge het gebeur, spreek die HERE; maar op hierdie man sal Ek kyk, op hom wat arm is en verslae van gees en bewe vir my woord.
JESAJA 66:1-2 Die Boodskap (DB)
Die Here sê: Die stoel waarop Ek sit om te regeer is bo in die lug. Die plek waar Ek my voete sit, is onder op die grond. Waar sal julle dan ’n huis vir My kan bou waarin Ek sal kan bly? Ek het self alles gemaak sodat alles aan My kan behoort, sê die Here. Ek hou daarvan om mense te sien wat nederig is, wat jammer is oor hulle sonde en respek het vir My.
JESAJA 66:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
So sê die HERE: “Die hemel is my troon en die aarde my voetstoeltjie. Kan julle ooit ’n tempel bou wat so goed is? Kan julle ’n huis bou waarin Ek sal woon? My hand het alle dinge gemaak en so het alles ontstaan. Ek, die HERE, het gepraat! “Dit is die een wat Ek raaksien, die een wat nederig is en berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.