JESAJA 65:1
JESAJA 65:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Ek wou mense help, mense wat My nie gevra het nie, Ek het mense na My toe gebring, mense wat My nie gesoek het nie. Hulle was mense wat My nie aanbid het nie, maar Ek het vir hulle gesê: ‘Hier is Ek, hier is Ek.’
JESAJA 65:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EK het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan 'n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!
JESAJA 65:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het my wil geopenbaar aan 'n volk wat nie na My gevra het nie. Ek het My laat vind deur mense wat My nie in die gebed gesoek het nie. Vir 'n nasie wat My nie aangeroep het nie, het Ek gesê: Hier is Ek! Hier is Ek!
JESAJA 65:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ek het My laat raadpleeg deur hulle wat nie na My gevra het nie; Ek het My laat vind deur hulle wat My nie gesoek het nie. Ek het gesê, ‘Hier is Ek! Hier is Ek!’ vir 'n nasie wat nie na my Naam genoem is nie.
JESAJA 65:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek word gesoek van die wat nie na My gevra het nie; Ek het my laat vind by die wat My nie gesoek het nie; Ek het gesê: Kyk, kyk, my is vir 'n nasie oor wie my Naam nie uitgeroep is nie.