Slaan direk na inhoud oor

JESAJA 62:1 – Vergelyk alle weergawes

JESAJA 62:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ter wille van Sion sal ek nie swyg nie, ter wille van Jerusalem sal ek nie stilbly nie totdat daar vir hom redding deurgebreek het soos 'n nuwe dag, soos die lig van 'n brandende fakkel.

JESAJA 62:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

TER wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie, totdat sy geregtigheid uitbreek soos 'n glans en sy heil soos 'n fakkel wat brand.

JESAJA 62:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Omdat ek Sion liefhet en na Jerusalem verlang, kan ek nie stilbly nie. Ek sal nie ophou om vir die stad te bid nie totdat daar vir haar geregtigheid kom soos ’n nuwe dag, en haar redding soos ’n fakkel brand.

JESAJA 62:1 DB (Die Boodskap)

Vir Sion se onthalwe sal ek bly roep. Ek sal ter wille van Jerusalem nie ophou roep voordat die stad bevry is nie. Ek sal aanhou roep totdat sy redding brand soos die lig van ’n fakkel.

JESAJA 62:1 ABA (Bybel vir almal)

“Jerusalem, omdat Ek lief is vir jou, sal Ek nie stilbly nie. Ek sal aanhou totdat jy is wat Ek wil hê jy moet wees, totdat Ek jou gered het. Dit sal soos helder lig wees vir jou, soos 'n fakkel wat brand.

JESAJA 62:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ter wille van Sion sal ek nie swyg nie, ter wille van Jerusalem nie rus nie, totdat haar geregtigheid deurbreek soos 'n helder lig, haar verlossing brand soos 'n fakkel.

JESAJA 62:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ter wille van Sion sal ek nie swyg nie, en ter wille van Jerusalem nie rus nie, totdat sy geregtigheid uitgaan soos glans en sy heil soos 'n lamp wat brand.