JESAJA 58:9
JESAJA 58:9 Die Boodskap (DB)
Wanneer jy dan na die Here roep, sal Hy jou antwoord. As jy God vra om jou te help, sal Hy sê: Ek kom. Hou op om mense onregverdig te behandel. Hou op om vir mekaar vinger te wys en mekaar vals te beskuldig.
JESAJA 58:9 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer julle dit doen en dan roep, dan sal die Here antwoord. Wanneer julle vra Hy moet help, dan sal Hy sê: ‘Hier is Ek.’ As julle ophou om mense te laat swaarkry en om ander mense te beskuldig en oor hulle te lieg
JESAJA 58:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord
JESAJA 58:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy sorg dat mense nie meer by jou verdruk word nie, nie meer gedreig en vals beskuldig word nie
JESAJA 58:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dan sal jy roep en die HERE sal antwoord. Jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: “Hier is Ek!” As jy die juk uit jou midde verwyder, die vingerwysery en verderflike gepraat