JESAJA 58:6 - Compare All Versions
JESAJA 58:6 ABA (Bybel vir almal)
Maar as julle wil vas soos Ek wil hê, dan moet julle die mense vrymaak wat gevangenes en slawe is maar wat niks verkeerd gedoen het nie. Julle moet die toue breek wat hulle vashou en julle moet die jukke afhaal van hulle nekke.
JESAJA 58:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek?
JESAJA 58:6 AFR83 (Afrikaans 1983)
Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek?
JESAJA 58:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Is dit nie hierdie vas wat Ek verkies nie, dat julle die boeie van goddeloosheid losmaak, die stroppe van die juk stukkend ruk, verdruktes vry wegstuur en elke juk breek?
JESAJA 58:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Is dit nie die vas wat Ek verkies het nie? om die bande van goddeloosheid los te maak, die swaar laste los te maak en die verdruktes vry te laat, en elke juk te verbreek?
JESAJA 58:6 DB (Die Boodskap)
Nee, die vas wat Ek van julle verwag, is dat julle die mense sal vrylaat wat julle onregverdig gevange hou. Hou op om die mense wat vir julle werk, soos gevangenes te behandel.
JESAJA 58:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Nee, is die vas wat Ek wil hê, dan nie: om mense wat onregverdig in die tronk is, vry te laat, om die juk van mense af te haal en elke juk te breek nie?