JESAJA 56:7
JESAJA 56:6-7 Bybel vir almal (ABA)
En Ek sal die mense wat nie Israeliete is nie en wat My kom dien, op my gewyde berg bring sodat hulle bly sal wees wanneer hulle in die tempel kom bid. Hulle moet lief wees vir my Naam, hulle moet my dienaars wees, hulle moenie die Sabbatdag ontwy nie en hulle moet aanhou lewe soos Ek vir hulle gesê het toe Ek met die Israeliete 'n verbond gemaak het. Ek sal daarvan hou dat hulle op my altaar offers bring, almal sal weet dat al die volke in my tempel kan kom bid.’ ”
JESAJA 56:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal 'n huis van gebed genoem word vir al die volke.
JESAJA 56:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
na my heilige berg toe bring. Ek sal aan hulle vreugde gee in my huis van gebed, hulle brandoffers, hulle offers op my altaar sal vir My aanneemlik wees, want my tempel sal uitgeroep word tot 'n huis van gebed vir al die volke.
JESAJA 56:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
hulle sal Ek na my heilige berg bring; en Ek sal hulle vreugde laat ervaar in my huis van gebed. Hulle •brandoffers en •maaltydoffers sal aanvaarbaar wees op my altaar. Ja, my huis sal genoem word 'n huis van gebed vir al die volke. ”
JESAJA 56:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Selfs hulle sal Ek bring na my heilige berg en hulle juig in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal 'n huis van gebed genoem word vir al die mense.