JESAJA 56:1
JESAJA 56:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Julle moet aanhou doen wat Ek vir julle gesê het. Julle moet reg doen aan ander mense, want Ek sal gou kom om my mense te red. Almal sal dit sien.
JESAJA 56:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SO sê die HERE: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.
JESAJA 56:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here: Laat reg geskied, doen reg, want die verlossing wat Ek bring, is al aan die kom, en die redding wat Ek bewerk, gaan nou geopenbaar word.
JESAJA 56:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE: “Handhaaf die reg en tree billik op, want my verlossing is naby, dit kom; en my geregtigheid is op hande, dit word geopenbaar.
JESAJA 56:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE: Bewaar die reg en doen reg, want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.