JESAJA 55:3
JESAJA 55:3 Bybel vir almal (ABA)
Luister en kom na My toe, luister sodat julle kan lewe. Ja, Ek wil 'n verbond maak met julle, 'n verbond wat vir altyd sal wees. Ek wil aanhou lief wees vir julle soos Ek lief was vir Dawid.
JESAJA 55:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.
JESAJA 55:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.
JESAJA 55:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maak julle ore oop en kom na My toe; luister, sodat julle kan leef! Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, getrou aan die bestendige liefde vir Dawid.
JESAJA 55:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Neig jou oor en kom na My toe; luister, en jou siel sal lewe; en Ek sal 'n ewige verbond met jou sluit, die vaste ontferminge van Dawid.