JESAJA 55:12
JESAJA 55:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die hande klap.
JESAJA 55:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Ja, met vreugde sal julle wegtrek, en in vrede gelei word. Die berge en heuwels sal voor julle in jubelkrete uitbreek, en al die bome van die veld sal hande klap.
JESAJA 55:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want julle sal uitgaan met blydskap en met vrede gelei word: berge en heuwels sal voor julle uitbreek in gejubel, en al die bome van die veld sal hande klap.
JESAJA 55:12 Die Boodskap (DB)
Julle sal baie bly wees wanneer julle uit Babel weggaan. Ek sal julle in vrede laat weggaan. Die berge en die heuwels sal van vreugde sing as julle verbykom. Die bome in die veld sal hande klap van blydskap.
JESAJA 55:12 Bybel vir almal (ABA)
Ja, julle sal bly wees wanneer julle uit Babel kom, julle sal vrede hê wanneer die Here julle terugbring. Die berge en die heuwels sal bly wees en juig, al die bome in die veld sal hande klap wanneer hulle sien julle kom.