JESAJA 49:18
JESAJA 49:18 Bybel vir almal (ABA)
Kyk rondom jou, jou mense kom bymekaar en hulle kom na jou toe.” Die Here sê: “Ek belowe: Jou mense sal vir jou so mooi wees soos die dinge waarmee 'n bruid haarself mooi maak.
JESAJA 49:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Slaan jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe! So waar as Ek leef, spreek die HERE, sekerlik sal jy hulle almal aansit soos 'n versiersel, hulle ombind soos 'n bruid.
JESAJA 49:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kyk rondom jou en sien wat gebeur, al jou kinders kom bymekaar en hulle kom na jou toe. So seker as Ek lewe, sê die Here, jy sal oor hulle so bly wees soos 'n vrou oor halssnoere, soos 'n bruid oor haar juwele.
JESAJA 49:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk oral rond en sien: Hulle almal kom byeen, hulle kom na jou toe. So seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van die HERE, “jy sal hulle almal dra soos juwele, soos 'n bruid sal jy hulle omhang.
JESAJA 49:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Slaan jou oë op rondom, en kyk: hulle kom almal bymekaar en kom na jou toe. So waar as Ek leef, spreek die HERE, jy moet jou sekerlik met hulle almal aantrek soos 'n sieraad en dit aan jou bind soos 'n bruid.
JESAJA 49:18 Die Boodskap (DB)
Maak oop jou oë en kyk wat rondom jou gebeur. Al jou mense kom bymekaar om na jou toe terug te kom. So seker as Ek lewe, sê die Here, jy sal so bly wees wanneer hulle terugkom soos ’n vrou wat plesier het in haar juwele. Jy sal so tevrede wees soos ’n bruid met haar versiersels.