YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

JESAJA 45:23

JESAJA 45:23 Bybel vir almal (ABA)

Ek het vir Myself belowe, Ek het dit vas besluit, en dit sal gebeur: Elke knie sal voor My buig, elke mens sal my Naam noem.

Deel
Lees JESAJA 45

JESAJA 45:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, 'n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer.

Deel
Lees JESAJA 45

JESAJA 45:23 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek lê 'n eed af in my eie Naam, wat Ek sê, is betroubaar, dit is 'n woord wat nie onvervul sal bly nie: voor My sal elke knie buig, in my Naam sal elke tong 'n eed aflê.

Deel
Lees JESAJA 45

JESAJA 45:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

By Myself sweer Ek, uit my mond gaan 'n belofte oor geregtigheid, en dit sal nie herroep word nie: Voor My sal elke knie buig, elke tong sal plegtig verklaar

Deel
Lees JESAJA 45

JESAJA 45:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Ek het by myself gesweer, die woord het uit my mond gegaan in geregtigheid en sal nie terugkeer nie, dat vir My elke knie sal buig, elke tong sal sweer.

Deel
Lees JESAJA 45

JESAJA 45:23 Die Boodskap (DB)

Ek maak ’n belofte vir julle wat vir altyd bly: elke mens sal nog voor My kom buig en bely dat Ek die Here is.

Deel
Lees JESAJA 45

JESAJA 45:23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Ek lê ’n eed af by my Naam, en sal nooit teruggaan op wat Ek gesê het nie: Elke knie sal voor My buig, en elke mond sal lojaliteit aan My sweer.”

Deel
Lees JESAJA 45
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's