JESAJA 45:20 - Compare All Versions
JESAJA 45:20 AFR83 (Afrikaans 1983)
Kom almal bymekaar, kom nader vir die beslissing, vlugtelinge uit die nasies. Dié wat afgodsbeelde dra wat van hout gemaak is, en tot 'n god bid wat nie kan red nie, het geen insig nie.
JESAJA 45:20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Versamel julle en kom, kom almal nader, julle wat uit die nasies ontvlug het! Hulle weet niks, wat die hout van hul gesnede beeld dra en 'n god aanbid wat nie kan verlos nie.
JESAJA 45:20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Kom almal vir ’n vergadering bymekaar, julle almal uit die nasies wat rondhardloop. Hoe dwaas is almal wat hulle afgodsbeelde van hout ronddra, wat bid tot gode wat nie kan red nie!
JESAJA 45:20 DB (Die Boodskap)
Laat almal uit die ander nasies wat moes vlug, nou bymekaarkom. Laat hulle hier na My toe kom. Die mense wat beelde ronddra wat van hout gemaak is, is baie dom. Hulle aanbid gode wat niemand kan bevry nie.
JESAJA 45:20 ABA (Bybel vir almal)
Israeliete, julle wat van die ander volke wegvlug, julle moet bymekaarkom, julle moet saam nader kom en kom luister. Die ander volke weet dit nie, die mense wat houtbeelde saam met hulle dra en bid tot gode wat hulle nie kan red nie.
JESAJA 45:20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kom byeen, ja, kom! Kom almal nader, julle van die nasies wat ontvlug het! Hulle weet niks nie, hulle wat hulle afgodsbeelde van hout dra, wat bid tot 'n god wat nie verlos nie.
JESAJA 45:20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kom bymekaar en kom; nader saam, julle wat uit die nasies ontvlug het!