JESAJA 45:2-3
JESAJA 45:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê vir Kores: “Ek sal jou lei en Ek sal jou pad gelyk maak. Ek sal die poorte van koper en yster breek sodat jy kan ingaan. Ek sal vir jou die goed gee wat die ander konings weggesteek het in donker plekke. Dan sal jy weet Ek is die Here wat jou geroep het en wat jou naam genoem het, Ek is die God van Israel.
JESAJA 45:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan. En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel
JESAJA 45:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak. Ek sal bronspoorte oopbreek en sluitbalke van yster stukkend kap. Ek sal vir jou die skatte gee wat in die donker gebêre word, die rykdomme wat weggesluit is, sodat jy kan weet dat Ek die Here is, dat Ek jou op jou naam geroep het, Ek, die God van Israel.
JESAJA 45:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
‘Ek self sal voor jou uit gaan, die berge sal Ek gelyk maak. Deure van brons sal Ek stukkend breek, en sluitbalke van yster sal Ek stukkend kap. Ek gee aan jou skatte in die donker, rykdomme in verborge plekke, sodat jy kan weet dat dit Ek, die HERE, is wat jou op jou naam roep, die God van Israel
JESAJA 45:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal voor jou uit gaan en die krom plekke reguit maak; Ek sal koperpoorte stukkend breek en ystergrendels inmekaarkap. En Ek sal jou die skatte van die duisternis gee en die verborge rykdom van skuilplekke, sodat jy kan weet dat Ek, die HERE, wat jou by jou Naam roep, die God van Israel is.
JESAJA 45:2-3 Die Boodskap (DB)
Ek gaan voor jou uit. Ek maak jou pad gelyk. Ek breek koperdeure vir jou oop. Ek kap ysterslotte vir jou stukkend. Ek gee vir jou die skatte wat in donker plekke bewaar word, die rykdom wat weggesteek word. Ek doen dit vir jou sodat jy kan weet dat dit Ek, die Here, die God van Israel is wat jou geroep het om te regeer.
JESAJA 45:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek sal voor jou uitgaan en berge gelyk maak. Ek breek bronsdeure oop en slaan ystertralies stukkend. Ek gee vir jou skatte wat weggesteek is in die donker, rykdomme opgesluit in geheime plekke. Ek doen dit sodat jy kan erken dat Ek die HERE is, die God van Israel, wat jou by jou naam roep