JESAJA 43:22-25
JESAJA 43:22-25 Bybel vir almal (ABA)
“ Nageslag van Jakob, Israeliete, julle het gebid, maar julle het nie tot My gebid nie, julle het julleself moeg gemaak, maar julle het dit nie vir Mý gedoen nie. Julle het nie brand-offers van skape of bokke gebring om Mý te eer nie. Ek het julle nie hard laat werk om ete-offers vir My te bring nie, Ek het julle nie moeg gemaak om vir My wierook-offers te bring nie. Julle het nie kalmoes gekoop en vir My die vetste stukke van julle offer-vleis gegee nie, nee, julle het My moeg laat word oor al julle sondes. Maar Ek is die God wat julle vergewe dat julle opstandig is teen My en Ek dink nie aan julle sondes nie.
JESAJA 43:22-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
NOGTANS het jy Mý nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel! Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie. Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede. Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.
JESAJA 43:22-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar jy het My nie aangeroep nie, Jakob, jy het nie moeite gedoen om My te dien nie, Israel. Jy het nie vir My kleinvee as brandoffers gebring, My nie met offers vereer nie; Ek het jou nie belas met graanoffers nie, jou nie die moeite aangedoen om vir My wierookoffers te bring nie. Jy het nie geld uitgegee om vir My wierookoffers te koop nie, en jy het My nie met die vet van offers verkwik nie. Inteendeel, jý het Mý belas met jou sondes, jy het My moeite aangedoen met jou oortredinge. En tog is dit Ek wat jou opstandigheid vergewe. Ek is getrou aan Myself, Ek dink nie meer aan jou sondes nie.
JESAJA 43:22-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Dit is nie vir My wat jy aangeroep het nie, Jakob; trouens, jy het moeg geraak vir My, Israel. Jy het nie vir My die kleinvee van jou •brandoffers gebring nie; met jou slagoffers het jy My nie vereer nie. Ek het jou nie belas met •graanoffers nie, jou nie vermoei deur wierook te eis nie. Jy het nie vir My met geld kalmoes gekoop nie; met die vet van jou slagoffers het jy My nie verkwik nie. Nee, jy het My met jou sondes belas, My met jou sondeskuld vermoei. Ek, ja, Ek is die Een wat ter wille van Myself jou oortredings telkens uitgewis het, jou sondes nie in herinnering geroep het nie.
JESAJA 43:22-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar jy het My nie aangeroep nie, o Jakob; maar jy was moeg vir my, o Israel. U het vir my nie die kleinvee van u brandoffers gebring nie; en U het My nie geëer met u offers nie. Ek het jou nie met 'n offer laat dien nie en jou nie vermoei met reukwerk nie. U het vir my geen soet riet met geld gekoop nie, en U het my nie versadig met die vet van u slagoffers nie; maar U het my laat dien met u sondes, U het my vermoei met u ongeregtighede. Ek is dit wat u oortredinge ter wille van My uitwis en aan u sondes nie dink nie.
JESAJA 43:22-25 Die Boodskap (DB)
Maar jy het nooit tot My gebid nie, Jakob. Jy was nie bereid om moeite vir My te doen nie, Israel. Jy het nie vee gebring om vir My te slag nie. Jy het nie offers gebring om My te kom vereer nie. Ek het nie daarop aangedring dat jy offers sal kom slag om saam met My te eet nie. Ek het jou nie forseer om wierookoffers vir My te bring nie. Jy het nooit lekkerruikoffers vir My gekoop of My bly gemaak met die vet van jou diere wat jy vir My geslag het nie. Om die waarheid te sê, jy het al jou verkeerde dinge op My kom aflaai. Jy het My moeg gemaak met jou oortredings. Maar Ek is die Een wat jou oortredings afskryf omdat dit is soos Ek is. Ek dink nie verder aan alles wat jy verkeerd gedoen het nie.
JESAJA 43:22-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Tog, Jakob, het jy geweier om My aan te roep. Jy het nie moeite gedoen om My te dien nie, Israel. Jy het nie skape gebring as brandoffers vir My, of My vereer met jou offers nie. Ek het jou nie belas met graanoffers of jou vermoei met wierookoffers nie. Julle het nie soet wierookoffers vir My gekoop nie. Julle het My nie versadig met die vet van julle offers nie. In die plek daarvan het julle My belas met julle sondes. Julle het My moeg gemaak met julle misdade. “Ek, ja, Ek alleen, is die Een wat julle sondes uitwis. Ek doen dit ter wille van Myself en Ek dink nie weer daaraan nie.