JESAJA 43:2
JESAJA 43:2 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer julle deur water moet gaan, dan is Ek by julle, riviere sal nie oor julle vloei nie. Wanneer julle deur vuur moet gaan, dan sal die vlamme julle nie brand nie.
JESAJA 43:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
JESAJA 43:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie
JESAJA 43:2 Die Boodskap (DB)
As jy deur diep water moet gaan, sal Ek by jou wees. As jy oor ’n rivier moet kom, sal die water jou nie wegspoel nie. As jy naby ’n vuur moet verbygaan, sal die hitte jou nie verskroei nie. Die vlamme sal jou nie brand nie.