JESAJA 43:18-21
JESAJA 43:18-21 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Julle moenie net dink aan wat voorheen gebeur het nie. Ek laat 'n nuwe ding gebeur, dit sal nou gebeur, en julle weet dit: Ja, Ek maak 'n pad deur die woestyn, en Ek laat riviere daar vloei. Die wilde diere sal My eer, ook die jakkalse en volstruise, want Ek gee water in die woestyn, sodat die volk wat Ek gekies het, water sal hê om te drink. Die volk wat Ek vir Myself gemaak het, sal vir almal vertel dat Ek God is.”
JESAJA 43:18-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis. Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink. Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.
JESAJA 43:18-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. Die wilde diere sal My vereer, die jakkalse en die volstruise, omdat Ek water gee in die woestyn, riviere in die droë wêreld om my volk, my uitverkore volk, se dors te les. Dit is die volk wat Ek vir My geskep het, en wat my lof sal verkondig.
JESAJA 43:18-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Moenie dinge van vroeër in herinnering roep nie; op vorige gebeure moet julle nie die aandag vestig nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit gaan nou uitspruit. Kan julle dit nie besef nie? Selfs in die woestyn sal Ek 'n pad maak, in die wildernis riviere. Die wilde diere sal My eer, die jakkalse en steenuile, omdat Ek water in die woestyn, ja, riviere in die wildernis gee, om my uitverkore volk te laat drink. Die volk wat Ek vir my gevorm het – my lof sal hulle verkondig.
JESAJA 43:18-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dink nie aan die vorige dinge nie, en let nie op die dinge van ouds nie. Kyk, Ek sal iets nuuts doen; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie weet nie? Ek sal selfs 'n pad maak in die woestyn en riviere in die woestyn. Die diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die uile, want Ek gee waters in die woestyn en riviere in die woestyn om te drink aan my volk, my uitverkorene. Hierdie volk het Ek vir My gevorm; hulle sal my lof verkondig.
JESAJA 43:18-21 Die Boodskap (DB)
Die Here sê: Moenie vassteek by die verlede nie. Moenie net dink aan die dinge wat verby is nie. Let op! Ek gaan iets nuuts laat gebeur. Dit het alreeds begin. Kom julle dit nie agter nie? Ek maak deur die woestyn ’n pad vir my volk om terug te kom. Ek laat riviere deur verlate plekke loop. Die jakkalse en die volstruise, al die wilde diere in die veld sal daarvoor vir My kom dankie sê. Ek het water in die woestyn gegee vir hulle om te drink. Ek het riviere deur eensame gedeeltes laat loop sodat die volk wat Ek vir My gekies het, daaruit kan drink. Hulle is die volk wat Ek vir My bymekaargemaak het om My te loof en te prys.
JESAJA 43:18-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het. Dis niks in vergelyking met wat Ek nou gaan doen nie. Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur! Sien julle dit nie? Ek maak ’n pad deur die woestyn vir my volk om huis toe te kom! Ek maak vir hulle riviere in die woestyn! Die wilde diere sal dankbaar wees daaroor. Die jakkalse en die volstruise sal bly wees omdat Ek vir hulle water in die woestyn gee. Ek maak fonteine in die woestyn sodat my uitverkore volk hulle dors kan les. Ek het hierdie volk vir Myself gemaak sodat hulle My sal eer.