JESAJA 42:3
JESAJA 42:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sal ’n geknakte riet nie verder afbreek nie. Mense wat dof brand soos ’n lamppit sal hy nie uitdoof nie. Hy sal in opregtheid reg laat geskied.
JESAJA 42:3 Bybel vir almal (ABA)
Hy sal nie 'n riet breek wat klaar stukkend is nie, hy sal nie 'n vlam doodblaas wat dof brand nie. Hy sal seker maak dat almal weet wat Ek wil hê hulle moet doen.
JESAJA 42:3 Die Boodskap (DB)
Hy sal nie iemand wat alreeds op sy knieë is, in die grond in trap nie. Hy sal nie iemand se laaste bietjie hoop vernietig nie. Hy sal eerlik wees wanneer hy sê wat reg is.
JESAJA 42:3 Bybel vir almal (ABA)
Hy sal nie 'n riet breek wat klaar stukkend is nie, hy sal nie 'n vlam doodblaas wat dof brand nie. Hy sal seker maak dat almal weet wat Ek wil hê hulle moet doen.
JESAJA 42:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.
JESAJA 42:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, 'n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie. Hy sal my wil bekend maak soos dit is.
JESAJA 42:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, 'n dowwe lamppit sal hy nie uitdoof nie; in getrouheid sal hy reg laat deurbreek.
JESAJA 42:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Geknakte riet sal hy nie verbreek nie en die rokende vlas nie uitblus nie