JESAJA 40:28
JESAJA 40:28 Bybel vir almal (ABA)
Weet julle nie, het julle nie gehoor nie? Die Here is God vir altyd, Hy het die hele wêreld gemaak. Hy word nie moeg nie en Hy rus nie, en niemand kan weet hoeveel die Here weet nie.
JESAJA 40:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
JESAJA 40:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.
JESAJA 40:28 Die Boodskap (DB)
Verstaan julle nie en begryp julle dan nie dat die Here vir ewig en altyd God is nie? Hy het die hele wêreld gemaak. Hy word nooit moeg nie. Hy word nooit uitgeput nie. Niemand kan Hom regtig verstaan nie.