JESAJA 40:25 - Compare All Versions

JESAJA 40:25 ABA (Bybel vir almal)

Die heilige God vra: “Dink julle daar is iemand soos Ek? Is daar iemand wat soos Ek is?

JESAJA 40:25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

By wie sal julle My dan vergelyk, dat Ek net so kan wees? sê die Heilige.

JESAJA 40:25 AFR83 (Afrikaans 1983)

Met wie kan julle My dan vergelyk, wie is soos Ek? vra die Heilige.

JESAJA 40:25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Met wie wil julle My vergelyk, sodat Ek net soos hulle sal wees?” vra die Heilige.

JESAJA 40:25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Met wie sal julle My dan vergelyk, of sal ek gelyk wees? sê die Heilige.

JESAJA 40:25 DB (Die Boodskap)

Die groot God vra: “Wie is daar met wie julle My kan vergelyk? Wie is daar wat net soos Ek is?”

JESAJA 40:25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Met wie sal julle My vergelyk? Wie is my gelyke?” vra die Heilige Een.