JESAJA 40:1-2
JESAJA 40:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TROOS, troos my volk, sê julle God. Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes.
JESAJA 40:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die profeet het gesê: “Julle moet vir my volk sê dit sal nou beter gaan, julle moet sê dit sal beter gaan.” Dit sê julle God. “Julle moet die mense van Jerusalem bly maak, julle moet vir hulle sê hulle is nou nie meer slawe nie, hulle het klaar swaargekry. Ek het hulle klaar gestraf oor al hulle sondes.”
JESAJA 40:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die uitkoms is hier! Die uitkoms is hier! Dit, sê julle God, moet julle vir my volk sê. Bring vir Jerusalem die goeie tyding, sê vir hom sy swaarkry is verby, hy het geboet vir sy sonde, hy het van die Here die volle straf ontvang vir al sy sondes.
JESAJA 40:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Troos, troos my volk!” sê julle God. “Praat mooi met Jerusalem! Roep haar toe dat haar gedwonge arbeid voltooi is, dat haar skuld afbetaal is! Ja, sy het uit die hand van die HERE 'n dubbele straf ontvang vir al haar sondes. ”
JESAJA 40:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Troos, troos my volk, spreek julle God. Spreek gerus met Jerusalem en roep tot haar dat haar stryd verby is, dat haar ongeregtigheid vergewe is; want sy het uit die hand van die HERE dubbel ontvang vir al haar sondes.
JESAJA 40:1-2 Die Boodskap (DB)
Julle God sê: Gaan praat my volk moed in. Gaan troos hulle. Praat mooi met die mense van Jerusalem. Sê vir hulle: Julle gaan nie aanhou swaarkry nie. Julle straf is nou verby. Julle het heeltemal klaar betaal vir alles wat julle teen die Here verkeerd gedoen het.