JESAJA 4:1-2
JESAJA 4:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Daardie dag sal sewe vroue een man gryp en vir hom sê: “Trou asseblief met ons. Ons sal ons eie kos eet en ons eie klere maak. Ons wil 'n man hê, sodat die mense ons nie meer spot nie.” Daardie dag sal al die plante mooi en vol saad wees, die plante wat die Here laat groei. Die Israeliete wat nog lewe, sal bly wees oor al die mooi vrugte wat hulle kan eet.
JESAJA 4:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN in dié dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg. In dié dag sal die Spruit van die HERE wees tot sieraad en heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel.
JESAJA 4:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie dag sal sewe vrouens een man beetpak en sê: “Ons sal ons eie brood eet en self vir ons klere sorg. Laat ons net jou naam dra, neem ons smaad weg!” Daardie dag sal alles wat die Here laat uitspruit, mooi en weelderig wees. Dié uit Israel wat vrygekom het, sal trots wees op die opbrengs van die land en hulle daarin verlustig.
JESAJA 4:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op daardie dag sal sewe vroue een man vasgryp en sê: “Ons eie brood sal ons eet en ons eie klere sal ons dra, laat jou naam net oor ons genoem word; neem ons bespotting weg!” Op daardie dag sal die loot van die HERE pragtig en luisterryk wees; en die opbrengs van die land sal die trots en roem wees van dié Israeliete wat ontkom het.
JESAJA 4:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En in dié dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons sal ons eie brood eet en ons eie klere dra; laat ons net u Naam uitgeroep word om ons smaad weg te neem. In dié dag sal die loot van die HERE mooi en heerlik wees, en die vrugte van die aarde sal voortreflik en lieflik wees vir die wat uit Israel ontvlug het.
JESAJA 4:1-2 Die Boodskap (DB)
In daardie tyd sal sewe vroue op een man afstorm en hom smeek: “Trou tog met ons sodat ons kan sê jy is ons man en jy ons van ons verskriklike vernedering kan verlos. Jy hoef nie oor kos en klere bekommerd te wees nie, ons sal self daarvoor sorg.” Maar daar kom ’n tyd waarin die Here elke boom en plant in Israel weer welig sal laat groei en sal laat vrugte dra. Dan sal die mense wat uit Israel oorgebly het, weer trots en opgewonde wees op die opbrengs van die land.
JESAJA 4:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daardie dag sal min mans nog lewe. Sewe vroue sal met mekaar oor een man baklei en sê: “Laat ons almal met jou trou! Ons sal ons eie kos en klere verskaf. Gee ons net jou naam sodat hulle ons nie as kinderloses uitkryt nie!” In die toekoms sal Israel, die tak van die HERE, mooi en glansryk wees. En die vrugte van die land sal die trots wees van die mense wat oorgebly het.