JESAJA 35:8
JESAJA 35:8 Bybel vir almal (ABA)
Daar sal 'n pad wees, en die mense sal die pad noem “ Gewyde Pad.” Onrein mense en dwase sal nie op hierdie pad loop nie, net mense wat reg lewe, sal daar loop.
JESAJA 35:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dáár sal 'n grootpad wees en 'n weg wat die heilige weg genoem sal word; geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir húlle sal dit wees; wie die weg bewandel — selfs die dwase sal nie dwaal nie.
JESAJA 35:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar sal 'n grootpad deur die woestyn loop en dit sal bekend staan as die gewyde pad. Onrein mense sal nie daarop loop nie, dit sal net wees vir mense wat reg lewe; dwase sal nie meer op die pad kom nie.
JESAJA 35:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar sal 'n gebaande weg, 'n pad wees; Die heilige pad sal dit genoem word. Onreines sal nie daarop verbygaan nie; maar dit sal vir dié wees wat op die pad hou. Sotte sal nie daar ronddwaal nie.
JESAJA 35:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar sal 'n grootpad wees en 'n weg, en dit sal genoem word Die weg van heiligheid; die onreine mag nie daaroor trek nie; maar dit sal vir hulle wees: die wandelaars, al is hulle dwase, sal daarin nie dwaal nie.