JESAJA 32:8 - Compare All Versions

JESAJA 32:8 ABA (Bybel vir almal)

Maar 'n goeie mens dink watter goeie dinge hy kan doen en hy beskerm die goeie mense.

JESAJA 32:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar die edele beraam edele dade, en hý hou stand in wat edel is.

JESAJA 32:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

'n Eerbare mens het eerbare bedoelings en hy kom op vir wat eerbaar is.

JESAJA 32:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die edele beraam egter edel planne, hy is die een wat staan by wat edel is.

JESAJA 32:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar die liberale bedink liberale dinge; en by vrygewige dinge sal hy standhou.

JESAJA 32:8 DB (Die Boodskap)

’n Eerbare mens het suiwer motiewe en hy kom op vir wat reg is.

JESAJA 32:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar eerbare mense het eerbare planne. Hulle sal eerbaar behandel word.