JESAJA 30:18-19
JESAJA 30:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Daarom is die Here gereed om julle te help, Hy wil julle graag help en Hy wil weer goed wees vir julle. Daarom maak Hy alles gereed om weer goed te wees vir julle. Die Here wil dit doen, want Hy is die God wat reg doen. Dit gaan goed met almal wat glo dat Hy sal doen wat Hy belowe het. Ja, volk wat in Sion woon, in Jerusalem, julle sal nooit weer huil nie. Wanneer julle die Here roep en vra Hy moet julle help, dan sal Hy weer goed wees vir julle. Dit is seker. Wanneer Hy hoor julle bid, dan sal Hy dadelik antwoord.
JESAJA 30:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag! Want 'n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.
JESAJA 30:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou. Jy, volk in Sion, jy wat in Jerusalem woon, jy hoef nie meer te huil nie. Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor.
JESAJA 30:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Om dié rede wag die HERE om aan julle genade te betoon; om dié rede rig Hy Hom op om Hom oor julle te ontferm. Want die God van reg is die HERE; gelukkig is almal wat op Hom wag. Ja, volk wat op Sion, in Jerusalem, woon, julle sal sekerlik nie meer huil nie. Die HERE sal beslis genade aan julle bewys op julle roepstem om hulp. Wanneer Hy hoor, sal Hy julle antwoord.
JESAJA 30:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daarom sal die HERE wag dat Hy julle genadig kan wees, en daarom sal Hy verhoog word, dat Hy Hom oor julle kan ontferm; want die HERE is 'n God van oordeel; geseënd is almal wat op Hom wag. Want die volke sal in Sion in Jerusalem woon; jy mag nie meer ween nie; as hy dit hoor, sal hy jou antwoord.
JESAJA 30:18-19 Die Boodskap (DB)
En tog wag die Here nog altyd vir ’n kans om julle te wys hoe goed Hy vir julle is. Hy is reg om enige oomblik in te gryp omdat Hy julle jammer kry, want die Here is ’n God wat reg laat geskied. Dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou. Luister, mense van Sion, julle wat in Jerusalem woon, julle hoef nie meer te huil nie. Die Here sal julle help as Hy hoor julle roep na Hom en vra vir sy hulp. Hy sal julle gebede verhoor die oomblik wat Hy dit hoor.
JESAJA 30:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Tog wag die HERE gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die HERE is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp. Volk van Sion, wat in Jerusalem woon, julle sal nie meer huil nie. Hy sal genade aan julle bewys as julle Hom vra om julle te help. Hy sal dadelik reageer as julle na Hom roep.