JESAJA 29:13-14
JESAJA 29:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gesê: “Hierdie volk kom dien My met hulle mond, met hulle woorde. Hulle eer My met die woorde wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My. Daarom probeer hulle My dien met wette wat mense gemaak het, dit is nie Ek wat daardie wette gemaak het nie. Dit is hoekom Ek nou met hierdie volk iets sal doen wat hulle sal skok. Hulle sal nie weet wat gebeur nie. Die slim mense wat dink hulle weet alles, sal nie verstaan nie.”
JESAJA 29:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My 'n aangeleerde mensegebod is, daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.
JESAJA 29:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie. Daarom gaan Ek nog ongehoorder dinge doen met hierdie volk: die een ongehoorde ding na die ander, sodat die wysheid van sy wyse manne sal verdwyn, die verstand van sy verstandige mense tot niet sal gaan.
JESAJA 29:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My Heer het gesê: “Omdat hierdie volk My nader met hulle mond en met hulle lippe My eer, maar hulle hart ver is van My, en hulle ontsag vir My bloot 'n aangeleerde menslike gebod, daarom, kyk, Ek sal voortgaan om op 'n wonderlike, wonderbaarlike manier met hierdie volk te handel. Die wysheid van hulle wyses sal tot niet gaan, en die insig van hulle verstandiges sal verborge bly.”
JESAJA 29:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom het die HERE gesê: Omdat hierdie volk My met hulle mond nader en My met hulle lippe eer, maar hulle hart ver van My verwyder het, en hulle vrees vir My deur die bevel van mense geleer word. Daarom, kyk, Ek sal voortgaan om 'n wonderlike werk onder hierdie volk te doen, 'n wonderlike werk en 'n wonder, want die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige manne sal verborge wees.
JESAJA 29:13-14 Die Boodskap (DB)
Die Here het gesê: Hierdie volk praat asof hulle My ken en My dien. Hulle gebruik al die regte en bekende woorde, maar hulle lewe baie ver van My af. Hulle godsdiens is niks anders nie as ’n klomp mensgemaakte reëls wat hulle uit die kop uit ken en opsê. Daarom gaan Ek hierdie volk skok deur een na die ander ongehoorde ding te doen. Hulle geleerdes sal gekke van hulleself maak en van al hulle kennis sal net mooi niks oorbly nie.
JESAJA 29:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
So het die Here gesê: “Hierdie mense sê hulle behoort aan My. Hulle eer My met hulle monde, maar hulle harte is ver van My af. En hulle aanbidding bestaan uit niks meer nie as menslike opdragte en tradisies. Daarom gaan Ek wonders doen onder hierdie mense. Ek wys hulle hoe dwaas menslike wysheid is en hoe die briljantste mense niks begryp nie.”