JESAJA 24:7 - Compare All Versions

JESAJA 24:7 ABA (Bybel vir almal)

Die wingerde sal droog word en daar sal nie wyn wees nie. Al die mense sal huil, die mense wat altyd vrolik was nadat hulle wyn gedrink het.

JESAJA 24:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.

JESAJA 24:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die wingerde sal verdroog en die wyn sal skaars word; wie vrolik was, sal sug.

JESAJA 24:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die •nuwe wyn het opgeraak, wingerde kwyn weg, almal wat vrolik van hart was, sug.

JESAJA 24:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die nuwe wyn treur, die wingerdstok kwyn, al die vrolikes sug.

JESAJA 24:7 DB (Die Boodskap)

Wyn sal skaars word omdat die wingerde verdroog het. Almal wat voorheen opgeruimd en vrolik was, treur nou.

JESAJA 24:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die nuwe wyn droog op, die wingerde verdroog, vrolike mense sug.