JESAJA 24:18
JESAJA 24:18 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer een van julle bang word en vlug omdat die vyande raas, dan sal hy in die vang-gat val, en wanneer hy uit die gat klim, dan sal hulle hom met 'n vangnet vang. Ja, en dit sal baie reën, en die aarde sal bewe.
JESAJA 24:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy wat vlug vir die skrikgeroep, val in die kuil; en hy wat uit die kuil uitklim, word in die strik gevang. Want die sluise uit die hoogte het oopgegaan, en die fondamente van die aarde bewe.
JESAJA 24:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie van die gevaar af probeer wegkom, beland in die vanggate, wie uit die vanggate probeer uitklim, word in die strik gevang. Strome water sal uit die hemel val, die fondamente van die aarde sal skud
JESAJA 24:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie vlug vir die geluid van verskrikking, val in die vanggat; wie uitklim uit die vanggat, word gevang in die vangnet. Want vensters in die hemel is oopgemaak, die fondamente van die aarde bewe.
JESAJA 24:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit sal gebeur dat hy wat vlug vir die geraas van die vrees, in die put val; en hy wat uit die kuil opklim, sal in die strik gevang word, want die vensters van bo is oop, en die fondamente van die aarde bewe.